Home arrow Ezine arrow Ezine Artciles arrow Die Heilige Oog
Print E-mail
{magictabs}Afrikaans::

Image ‘In Mattheus 6:22 lees ons: “Die lamp van die liggaam is die oog.  As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.” Anders gestel: Wanneer ons fokus op spirituele waarheid gerig is, is ons hele wese gevul met lig. Hierdie gedagte is alreeds aan ons bekend as: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” (Spreuke 23:7); of: Dit waarop ek fokus, word my realiteit; en Gautama Buddha verwoord dit as: “We are what we think, having become what we thought.” Daar waar ons aandag gefokus is, dáár vloei ons energie, en waar ons energie is, dáár volg skepping. ‘n Wyse meester, Djwal Kul, herinner ons dat om perfek te wees, ‘n mens perfeksie moet kan sien.  Ek hou nogal van die feeverhaal-simboliek, naamlik as jy ‘n prinses wil trou, moet jy eers ‘n prins word (om ‘n padda vir die res van jou lewe te bly, sal jou nie noodwendig in die arms van ‘n prinses laat beland nie),‘ sê Marietjie Venter.

Die gesegde ‘soort soek soort’ is inderdaad waar. Indien iemand meer liefde soek, dan behoort hy meer liefde aan ander te betoon. As meer geld jou behoefte is, begin dan leef asof jy welgesteld is. Enige manifestasie begin met ‘n gedagte. Vul dus jou gedagtes met die hoogste en mees edele denke sodat jou realiteit dit kan reflekteer.

Wanneer ‘n mens rêrig, rêrig, rêrig graag iets wil hê, dan kry jy dit. En wanneer ‘n mens rêrig, rêrig, rêrig nie iets wil hê nie, dan kry jy dit ook. Hoekom? Want die gedagte wat die meeste aandag kry – die meeste energie ontvang – is die gedagte wat sal manifesteer in ons lewens. Job (3:25) het duisende jare gelede ons aandag op hierdie waarheid probeer vestig: ‘As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.’

Ons word daagliks deur middel van die media met negatiewe inligting gebombardeer. Selfs in sosiale gesprekke word die vrese van die mensdom deurlopend bespreek.  Sodoende voed ons die monster van negatiwiteit en dan wonder ons waarom ons lewens met hierdie vreeslike dinge gevul is? Hou op om ander, die regering of selfs God te blameer vir die dinge wat in jou lewe plaasvind. Skep ‘n geleentheid waar jy positief met ander kan verkeer, lees opbouende boeke, sien die mooi in die lewe, wees betrokke daar waar jy self dinge kan begin verander. Moeder Theresa het nooit aan ‘n anti-oorlog optog deelgeneem nie, want al wat hierdie optrede bereik het, is meer aandag op oorlog. Maar waar daar ‘n vreedsame optog gehou is, het sy deelgeneem aangesien die aandag op vrede gerig was, en mense iets positiefs van ‘n vreeswekkende situasie probeer maak het. Selfs Gandhi het ons aangespoor met die woorde: ‘Be the change that you want to see in the world.’

Wat sien jou oog? En hoe beïnvloed dit jou lewe? Kom ons probeer daadwerklik om ‘n onverdeelde visie te skep – een waar ons ons energie kan fokus op dit wat mooi, edel en heilig is. Wanneer ons positief na die wêreld begin kyk, begin ons in hierdie wêreld op ‘n nuwe en besonderse wyse te lewe. D?t is spirituele groei.

Vandag kyk ek met ‘n goddelike oog en word die pad voor my belig sodat ek die volmaaktheid daarvan ervaar.

|||| English Summary::

If our inner vision is focused on the divine plan, then we achieve clarity and creative insight. This echoes Jesus’ words: ‘The Light of the body is the eye. If therefore thine eye be single, thy whole body shall be full of light’. Yet another way to express this truth is to know that whatever we place our attention on, we energise. Gautama Buddha agrees: ‘We are what we think, having become what we thought’.

Where our attention goes, there goes our energy. And where our energy goes, creation will follow. Let us then be mindful regarding what we think of all day long. The thought that receives the most attention/energy, will become our reality. It is thus true that what we really, really, really want, we will get. And what we really, really, really don’t want, we will get too. Why? Because whatever we put our energy into will come to pass. Job (3:25) stated thousands of years ago that ‘The thing which I greatly feared is come upon me, and that which I was afraid of is come unto me’.

We are bombarded on a daily basis with bad and negative news. However, we always have a choice in what we prefer to listen to or which thought to entertain. Let us stop blaming others, the government and even God for the mishaps in life, and rather create situations in which we can be peaceful and positive. Mother Theresa never took part in any anti-war campaigns as it focuses the attention on war. Yet, wherever there was a peace march, there she was involved as the attention was on peace. Gandhi urged us to ‘Be the change that you want to see in the world’.

What does your eye see today? And how does it influence your life? As we develop a vision of wholeness, we begin to understand and allow our own blueprint to manifest through us. We then begin to hold a completely different picture within our own minds. Our world begins to look differently and we begin to live within that world in a new and unique way. This is spiritual progress.

Today I strive to recognise and overcome mind-sets and to see as God sees. Today I see perfection. 

{/magictabs}

 
< Prev   Next >